Skylie en Z wat doen julle nou?

Ek voel ek moet net al die goed neerskryf of ek gaan alles vergeet.

Skylie jy is so amazing dogtertjie. Jy is nogsteeds ‘n drama queen heavy head strong klein terroris partykeer maar dit is deel van wie jy is en ek hoop jy sal altyd die sterk mensie bly wat jy is. Jy kan die wereld verander. Jy kan enige iemand oorreed om enige iets te doen.

Jy se nogsteeds : kombruik, more (in plaas van gister), julle se kamer,

Jy question alles: waar is die polies en wie en wat is ‘n stranger en is daar wolwe om ons. Jy kyk ook heeltemal te veel scary goed op Youtube watonsnou gestop het e jouimagination is WILD!!! Jy dink ek is mooi en se: mamma jy lyk soos ‘n midgi. Dis ‘n woord wat jy self opgemaak het en jy is so trots daarop 🙂

Boetie!

Ons slaap nogsteeds nie baie nie en ek wonder wanneer ons weer soos mense gaan voel. Maar die feitdat jy so flippen cute is maak dit ok.

Jy se al  4 woorde:

Mamma

Pappa

Tata

Baba

 

Jy is naby aan loop maar nog nie heeltemal daar nie.. Jy LOVE tande borsel en ons mag dit nie waag een optel sonder om vir jou een te gee nie. Jy eet soos ‘n BUFFEL en ek kan alklaar sien hoe jy ons uit die huis uit gaan eet wanner jy ‘n tiener is.

Jou nuwe ding is om jou bottel uit jou kot uit te gooi as ons nie dadelik op jou demand reageeer nie en as jy ons sien kruip jy ongelooflilk vinnig en stop reg voor ons en skiet jou armpies pen regop langs jou kop sodat ons jou moet optel.

Jou sussie glo die bike wat jy vir jou bday gekry het is hare en sy ry open af met spoed in die huis rond en jy kyk met awe na haar en as ons jou vashou en ‘n beurt gee het jy die brededte smile op jou gesiggie.

Julle is net te flippen awesome vir woorde.

Love julle ongelooflik baie