2019 is hier – 4 maande en 3.8 jaar

Skyler-Phoenix en Zanroux

Julle is die twee eoulilkste klein goed ooit en dit is so ongelooflik om te sien hoe julle julle eie band vorm. Skylie jy vat al hoe meer aan jou boetie en toe ons gister op die lughawe was en haasitg na die departure gate toe hardloop (ons was op final boarding call) dan bly jy ons stop want jy wil eers jou boetie se hare vryf. En partykeer as jy le en op die foon kyk sal jy ewe skielik net aan jou boetie vat en vir hom smile. Dit is so amazing om dit te sien.

Vandag was Liam en Zoli hier om vir jou te kom haal om by hulle te slaap en toe hardloop jy en Liam soos mal goed rond en skree en Zanroux sit by Zoli en kyk vir julle en lag. Hy like jou alklaar so baie.

Dit was ‘n ongelooflike 2018. Ons het nog ‘n ongelooflike pokkelop bygekry en ek kan nie glo hoe gelukkig ons is nie. Ek kyk elke aand hoe julle twee slaap en dan kan ek nie dink hoe ek en julle Pa twee sulke ongelooflike geskenke kon kry nie. Dit is werklik onbeskryflik.

Ons is so ‘n gelukkige familie met ons twee high maintenance Pekingesies.

Zanroux jy was nou al twee keer by die see en is nou eers twee maande oud en ek hoop en bid dt dit die begin van ‘n lewe vol adventure is vir ons almal maar veral vir jou en Skylie.

Feetjie-Phoenix jou persoonlikheid kom al hoe meer duer en alhoewel ek partykeer wil mal word is jy die funnyste klein feetjie mens ooit. Jy is so ‘n girly girl en makeup als en almal (jy het vanmiddag tot vir Liam gemakeup) en jy lag so maklik. Jy begin ‘n regte klein smart ass word ook en jou memory skop erg in. Toe ons die rental car terug gee toe se jy: Ek was more hier sout gewees. LOL! Toe onthou jy jy het twee maande terug in daai selfde rental parking lot by die lughawe ‘n tantrum gegooi en vir my weg gehardloop.

Jy was dood bang v ir die fireworks op New Years en het so styf teen my gele (ek was dood siek op d ie bed met die famous Margate maag virus) en het my ‘n heel paar keer gehead but. Boetie het net gele en glimlag – dink nie jy het geweet wat de hel nie. En toe se jy “Ek wil na liewe Jesus toe gaan”. Ek het nie geweet of ek moet lag of worry nie maar gelukkig se jou Pa vir my Leroy het vir jou vertel die crackers kom van Liewe Jesus af. So ek weet nie of jy gedink het jy kan vir hom gaan se om dit stil te maak of wat nie. Jy is so flippen klein en oulik!

Jou favorite woorde:

  1. Kombruik
  2. Regite mamma, regtig?
  3. Joke jy?
  4. Jy maak my hartjie seer
  5. Ek is homer
  6. Kom boetie ook?