Zanroux – 3 maande en 1 dag

Zanie Zanroux,

Ek is so ongelooflik moeg partykeer. J yen jou sussie is ‘n handvol. Maar ek moet se dis die beste handvol wat ek nog ooit in my hele lewe gehad het.

Julle maak my so baie lag.

Jy is so ongelooflik oulik en ek kan nie eers dink hoe jy gekom het van in my maag na een dg en dan na drie maande en een dag. Jy het al soveel persoonlikheid ontwikkel, het nogsteeds al jou hare en jou blou ogies is so nuuskierig en bly op my gerig.

Jou glimlag is die kosbaarste ding ooit end it maak my hart swel. Ek het jou vanoggend prober kalmeer na jy jou kop afgeskree het en my laat rondhardloop het om te sien wat jy wil he. Toe finally kom ek agter jy wil net he ek moet jou teen my hou en wieg dat  jy kan slap – dis jou nuwe preferred method om aan die slaap te raak (in die ongelooflike hitte). En toe hou ek jou en sit jou dummie in jou mond en se “jy is flippen moielik ne” en toe giggle j yen maak jou slapende ogies ‘n bietjie oop en kyk vir my en smile. En toe giggek ek vir hoe cute jy is en toe giggle jy wee ren raak aan die slaap.

Dammit dis cute verby!

Ons is vir die afgelope week alleen by die huis want jou Pa is in Mozambique vir werk en ek is moeg moeg moeg maar so ongelooflik dankbaar om so amazing familie te he. Jy en Skyler-Phoenix maak alles amazing. Skyler, jy kan even load-shedding in ‘n event inmaak en het ongelooflik braaf geraak die afgelope ruk. Gisteraand was dit pik donker en dis net ons en wat de hel kan ek doen maar ek prober braaf wees en jy soek yoghurt. Nou moet ons afstap by die scary hout trapee, jy aan my vas, boetie bo met die skilpad se lig, jy met my foon se torch in jou hand, ek wat wens ek het nie ‘The hanting of hill house’ op Netflix gebinge watch nie. En jy sit die heeltyd die foon se torch teen jou klere dat die lig weggaan en se “oe kyk hoe donker is dit” en ek wil heeltemal my kop verloor want ek is bang as dit weer lig is sien ek iets. Maar jy is nie so bang gewees nie soos gewoonlik. Maybe is dit omdat ek so braaf voor gekom het maar as jy maar net weet . ALZAM!

Ons het toe weer opegekom en onder die skilpad sterretjies gele en jy het heeltyd gevra of ons by die venster kan uitkyk. Jy kan nie dink hoeveel opwinding dit vir jou is dat alles pik donker is nie. Jou mind is fasinerend en dis so ongelooflik om in jou wereld te kan leef saam jou.

Ek is ook nie altyd fun nie en is ongelooflik kort van draad die afgelope week. Geen carbs plus al die night feeds maak my so effe van ‘n mal heks mens. Maar ek sien jou en ek waardeer jou. Jy is ‘n ongelooflike mensie met jou ‘chappies’ (blou halls’ wat jy van gister orals rondra en se dis ‘pirate treasure’.

Lief vir julle vir altyd en virewig!