Ons klein familie – 11/10/2018

Skyler en Zanroux

 

Elke keer wat julle iets ouliks doen herhinner ek myself dat ek moet blog en dit neerskryf voor ek dit vergeet maar dan wanneer ek blog (soos nou) kan ek net helfte onthou.

Ek kan nogsteeds nie glo ons het weer ‘n klein baba en dat ons so bevoorregd is om alles weer te ervaar nie. Dis so ongelooflik om jou klein lyfie vas te hou en jou te ruik en jou asem teen my te voel. En hoe jy jou dummy suig is so cute (jy is darem nou al op die bloue en die pienke is (van gister af) weg.

Jy maak die oulikste geluidjies as jy huil en druk dit so uit. Dis so flippen cute ek kan net nie. Jy sukkel erg met winde, maar ek dink dis al beter as wat dit was. Kry jou so jammer wanneer dit jou seermaak.

Jou pa is die champion burper en partykeer deur die dag wil ek jou na sy werk toe vat dat hy jou kan burp! Jou hare is so flippen cute! Dit gaan oor jou ore en sulke klein sagte tufts. Ek is so mal oor jou klein mnkey face – jy gooi hom nou nie so erg soos jou sussie het nie maar jy is jy en jy is so perfek!

Skylie jy is nou weer heeltemal die teenoorgestelde van rustig 🙂 Jy is so besige klein pokkelop en jou brein ontwikkel teen 1000 myl per uur. Jy vra aanhoudend vrae. Wanneer ons in die kar ry oppad en van die skool af is daar nie ‘n oomblik se stilte nie. En as ek jou nie antwoord nie of net se “sommer dan se jy “vertel vir my” “Hoekom?” “En dan?”. Jy begin al hoe meer goed op te tel soos:

“As jy low is eet jy sweets ne” – nou die dag in die kar.

“Is jy moeg gekyk. Gaan jou oe blokkies word?” Nou die dag op die bank toe jy die foon met my deel dat ek saam jou Youtube kyk en jou arms moeg raak.

“Mamma baba is honger, hy skop sy bene” – wys net hoe oplettend jy is.

Jy is so klein feetjie mens. Ons het vanoggend jou reg gemaak en toe loop jy in die kamer in voor my en ek sien in die spieel hoe groot ek teenoor jou is en hoe klein feetjie dwergie mens jy nog is. Jy is so flippen cute!

Jy het wel ‘n technology addiction en is BAIE moody maar jy is jy. Ek ken jou in en uit en tog elke dag is daar iets in jou wat my verras. Dit is so ongelooflik om te kan memories bou saam jou en te sien hoe jy jou eie mens word.

Ons is so ‘n amazin familie en ek wens ons het ons eie reality show gehad wat sal beteken elke oomblik van ons lewens is gerecord en ons kan oor en oor terug gaan om dit te kyk.

So lief vir my twee Pokkeloppe!

 

Twee pokkeloppe slaap om my

Ek love dit in di aande wanneer julle warm lyfies by ons le en slaap.

Op die oomblik le Skyler aan my regterksnt met voete bo en deurmekaar koppie onder, Zanroux le aan my linkerkant jn di bf pillow en ek hoor heeltyd julle asemhaling. Ps le onder op die bsnk want iemsnd (Zanroux) het hom vi 3 ure opgehad met die 11 uur feed en hy werk more.

Ek dink nie mens ksn ryker wees as wat jy is in oomblikke soos die nie. Ek is obgelooflik l

ief en dankbaar vir my 4-seasons familie

38 dae en 3,5 jaar

Skyler en Zanroux

EK en julle pa is ongelooflik moeg en hy le langs my en jou (Skyler) uitgepaas. Julle altwee le en snork en ek le met ‘n rug wat pyn en wag om weer te express terwyl ek luister hoe jy en Zanroux in ritme asem haal.

Al is my rug seer, my kop seer, my bloed druk wacky en ek meer moeg as wat ek nog ooit tevore was, sal ek die dae vir absoluut niks verruil nie. Ek en julle pa is so erg verlief op julle twee en ek wens heeltyd ek kan net tyd vries want dit gaan te vining en julle is so ongelooflik en wil net elke oomblilk, laggie, word, handjie, warm asempie, geluidjie en kyk op bottle en dit weer en weer en weer oor kan leef.

Julle ouma kuier nou hier by ons en Skyler jy is soos ‘n stertjie al agter haar aan. Zanroux jy is alklaar besig om me haar te bond en gaan seker soos Skylie ons maklik maklik kan afskryf wanneer ookal julle by haar is.

Ek love ons familie so baie. Ek love al die gelag, ek love hoe silly en crazy feetjie-Phoenix is. Ek love Zanroux se geluidjies en hoe demanding hy is vir ‘n klein mensie wat nog nie eers ‘n maand is nie. Ek love julle crazy pa en ek love dit om te hoor hoe hy met Zanroux speel en hoe hy en Skylie lag wanneer hulle saam is.

Love net elke liewe oomblik saam met julle!!