35 weke

Ek kan nie glo ek is al 35 weke swanger nie. En ek kan nie glo ek het so oulike klein dwergie mens by my die heeltyd en ‘n baba in my maag nie. Ek en jy, Skylie, het laat vanmiddag gebad en die krag was af in die huis en ek was BANG en jy het geweet ek is en jy was ook en vra die heeltyd “is daar monsters?” maar dis nie wat ek eintlik wil se nie. Dit was toe ek besef het ek gaan nie wer vir jou he en ons baba in my maag nie.

Jy le nou langs my en praat met jou teddie “hoekom het jy onder die bers gegaan? Teddie tel vi my”

Dis jou favorite ding om te se wanner jou jou duisende vrae vra: “vertel/tel vi my”

Jy is al so seker oor jou boetie/sussie wat in ons lewens gaan wees. Toe jy 2 weke terug by Liam gekuier het vir die dag toe raak dit laat en so 10 minute voor ons jou kom haal het toe begin jy vir jou Mamma, Pappa boetie/sussie te huil en toe begin Liam sommer ook vir sy Pa te huil ๐Ÿ™‚

Jy praat baie van ons baba en ek kan net imagine jy gaan so ‘n awesome groot sussie wees.

Jy is so klein silly mens – jy het nou net oor my en jou pa ihebuk en skree nollies met snot tussen jou twee fingers wat jy in ons gesigte hou terwyl jy skree en lag!!

Baba jy skop so baie en jy is so besig. Ek kan nie dink dat oor 2 of 3 weke gaan my maag net leeg wees nie. En dan gaan jy actually hier wees. Dit gaan so amazing wees om jou te leer ken maar dit voel soveel makliker om jou te beskerm wanneer jy in my maag is.

Ek voel nog nie reg om ‘n baba te he nie. Voel nie ongemaklik genoeg nie. My bump lyk soveel kleiner en het gesak en ek voel nie meer soveel pressure nie. Voel of ek nou eers soos 25 weke swanger is. So dit voel net nie of dit al amper die einde kan wees nie ….

Love my Skyler Phoenix en my baba

Soen jou baba!

Jou favorite goed om te se:

Nog netย  5 minute

Dis gross!

Hoekom?

Jou favorite goed om te doen:

Weg kruipertjie te speel

Oreo te druk

SWEETS te eet

Met Liam te speel

Om Worms te kyk

Ek en jy sit nou en kk worms en ek probeer die IAMCP write-up doen vir France maar ek is nie lus nie en jy bly my vrae vra.ย Hoekom is dit ‘n vis? Is hy groot of klein? Is sy tail groot of lank? Hoekom? Wat eet hy? Hoekom?

Jy is so flippen cute met jou plat gesiggie!!

Jy is excited oor die baba … ek dink … en jy begin om of haar al hoe meer in goed inbring. Toe ons saam Liam en Zoli by Hamleys was en julle sit in die trollie toe kyk julle na die uittrek stoel en toe se jy jou boetie gaan daar binne sit.

En jy soen partykeer my maag en toe ek jou in die hospitaal (dis ‘n ander storie wat letterlik 20 jaar van my en jou pa se lewens af gevat het) aangehou soen het toe raak jy ongelooflik geiriteerd met my en se “moenie my soen nie” en toe soen ek jou weer en se “ek moet jou soen” en toe ruk jy weg en se kwaai vir my “soen jou baba!” en toe lag ek en se vir jou “hoe??” en toe soen jy my maag en se “ek sal hom soen” ๐Ÿ™‚ !!!