Baba #2 derde trimester

Kan ni glo ek is alin die derde trimester nie!!

Meer as 8 maande terug het ek vir ander swanger vrouens gekyk en ek kon nie onthou hoe dit voel om swanger te wees nie en nou het dit al weer normaal geraak omd ie heeltyd iets in my maag te voel skop, rond draai en wiggle.

Dis so amazing en dit voel nogsteeds so unreal dat ek dit ‘n tweede keer kan experience!

Gelukkig is my maag nog nie so erg swaar nie en ek gym nou baie wat help dat ek beter voel maar MY RUG MAAK MY DOOD! Ek voel asof ek 100 is as ek dit bly se maar dis waar. Het ernstig ‘n massage nodig en dink actually daaraan om more vir een te gaan aangesien Skylie vanaand by Liam oorslaap.

Baba #2 is nogsteeds NAAMLOOS! Ek blameer phillip Arnoux meeste hiervoor want as hy net van een van my voorstelle kan hou sal dit makliker wees om at least in ‘n rigting te beweeg maar op die stadium dink ek ons gaan ‘n kind sonder ‘n naam he … en dan hoe gaan ons hom of haar registreer in die hospitaal vir ‘n geboorte sertifikaat???

Love dit op die oomblik om swanger te wees en LOVE hoe my maag heeltemal uit en rond is en GLAD NIE vet lyk nie. Maar as baba eers uit is gaan dit definitief ‘n ander storie wees.

Skylie roep my om haar uit die bad uit te haal! Duty calls!

Baba #2 raak huge!

Baba #2 ons gaan oor-more vir ‘n 4D scan en ek raak nou ongelooflik excited om jou weer te sien en ek hoop Olivedale se 4D equipment is beter as hulle 3D equipment!!

Jy beweeg baie rond en skop en doen weird ruk bewegings maar ek voel jou nog nie my maag op ‘n punt trek of opbol in ‘n hoekie of iets nie. Maar my maag voel HUGE so ek weet jy groei mooi!

My bene het hare!

Skyler Phoenix

Hierdie is ‘n kort een voor ek vergeet wat in my brein is …

 

die naweek toe sit jy op die bank en se vir my en jou pa wat in die kom buis staan “kyk, ek word nou groot. My bene het hare.”

Lol jy is so funny!!!

Jy begin R te se maar se dit nog strange soos “trrrrrrrrrrok” – en dit was net ewe skielik wat jou pa gese het hy het jou die heel eerste keer in die kar oppad van die skool af dit hoor se. En nou hoor ek heeltyd hoe jou spraak verander!! Jy word te gou groot en ek wens ek kon terug gaan in tyd wanneer ookal ek my baba Skylie wil he …. tantrums en al!

Ek love hoe jy meer oplettend is met als en hoe jy nou nie net my mensie is wat my volg orals en goed saam my doen nie maar actuallya lles begin bevraagteken oor wat ons doen en hoekom en jou eie opinies gee van hoe jy dink goed moet wees. En jou eie willetjie raak net al hoe sterker!

Foto onder van ek en jou pa wat weer jou beditme roetine probeer regkry en jy wat insist op puzzles bou na ons boeke gelees het. Hoe kan ons nee se vir puzzles bou???

Skylie puzzle