Jy is 3 oor 19 dae!

Skylie

Nadat ek nou 50 minute gevat het om uit te werk waste email het ek met hierdie blog gebruik en die password te recover kan ek nou finally skryf wat ek wou maar ek kan nie onthou wat ek wou skryf nie.

Ek kan vir jou ‘n recap gee van gisteraand en jou tweede “night terror” maar ek voel nog te onseker of als ok is om te skryf asof als net ok is.

So my recap van jou op 1 jaar en 346 dae is as volg:

  1. Jjy is so cheeky en so hard koppig (op ‘n goeie manier) en self standing en tog het jy so klein hartjie. As mens een keer met jou raas huil jy en dan voel ek crap en gaan heeltemal teen waaroor ek met jou geraas het.
  2. Jy is ‘n klein juffroutjie en ek en jou pa moet ‘n ry agter jou maak as ons by die trappe op loop en jy leer ons hoe om te “skryf” wanneer ons saam jou op die bed sit.
  3. Jy love Dora en nadat “tannie Leeu” jou kuif gesny het dink jy jy lyk nes sy.
  4. Jy begsin my nou te vertel wat gebeur by die skool en wat die gevolg was: “Lejanne het my op die mond met sand gegooi en toe se teacher sy moet time out op die trappies sit.
  5. Al praat jy onophoudelik en disso cute sal ek nooit kan beskryf hoe cute jou stem en die manier hoe jy jou woorde vorm en die expressions wat jy in dit insit is nie. Ek en jou pa staar net vir jou en smile oor hoe cute jy is wanneer jy ons iets vertel. Jy is so flippen CUTE!!!!
  6. Jy hou nogsteeds nie daarvan om alleen te bad nie en ek moet saam jou!
  7. Jy sit agter my op die office stoel en prober my hare kam terwyl ek prober my hare doen voor ons iewers gaan. Did cute maar ook uitputtend en die feit dat ek jou nog nie met die straightener gebrand het nie bewys hoe ongelooflike goeie ma ek is.
  8. Jy is nogsteeds so ‘n klein mensie en jy pas so cute in jou dwergie Hello Kitty stoel. Jy is net so flippen klein ons wil jou net heeltyd opvreet!
  9. Jy favorite word is “NEH!” en jy druk dit so uit! Na elkse sin se jy”Neh?” en dan moet ons saam stem.
  10. Jy is kind of excited oor jou boetie/sussie maar vang nie heeltemal wat dit is en hoekom die baba in jou maag is nie en het nou besluit daar is ook een in jou maag.