Amper 2 jaar en 6 maande oud

Jou favorite woorde – alles want jy praat soos ‘n champion

Jou cuteste oomblik toe onsĀ 3 dae terug vir ‘n week by Uvongo was – shame jy jou arm gebreek??? (ek en jy het in die bad gesit en ek het vir jou pa gese ek het my arm so hard gestamp by die waterpark ek sweer hy is gebreek (ek was sarkasties) en toe hy uitloop toe kyk jy my so concerned aan en se dit. Jy het my hart laat smelt en my so laat lag.

Jou energie levels – CRAZY!!!!! As jy my sien moet jy op my jump of op my kop met my hair extensions rond rol!!

Jou favorite weird ding om te doen – om jou hande kleinder te vou deur jou duim agter jou vingers te sit en jou hele hand in jou mond te druk en so nat moontlik te maak en dan met altwee hou hande dit doen en begin se “touch” “touch” en dan probeer jy heeltyd aan my vat lol! Dis so gross maar so cute!

Love u baba (nee dis nie baba nie , dis Skylie – jou konstante response)