Woel-Wap Stout-Gat Gillende 2 jarige

So jy is nou offisieel 2 – vir die afgelope 3 dae. En dis weird maar dis asof jy nog groter geword het van dit af. Jy is soooooo cute en so klein en stout en patykeer weet ons nie wat is wat en hoe moet ons reageer nie.

Jy is ook ongelooflik slim en ek dink jy gaan my en jou pa mal maak. Jy praat so baie en demand so baie! En jy laat ons so baie lag. Jy is soos ‘n klein woelwap omboy met ‘n barbie gesig  en die oulikste klein lyfie wat net orals rondhardloop en gil en jou kop skud en arms swaai en kyk virdie volgende groot ontdekking – ons klein explorer.

Jou votejties het al myle geloop en ook permanente voetspore oor soveel mense se harte en lewens gelos. Jy is so ongelooflik en partykeeer kyk en vir jou en kan nie glo daai klein dingetjie wat onder die lig in die ICU gele het en uitgestrek het met haar monkey face en sagte krul haartjies is jy nie – en dan tog is dit presies jy. Jy is nog altyd jy en jy word net al hoe meer mens.

Jy se “sorry mama” as jy my stamp of iets en jy vat my gesig en soen my. Jy wil heeltyd vir Oreo en Astro druk maar hulle wil nogsteeds nie lol en hardloop so gou moontlik weg – baie ogende as jy hulle vra of hulle lekker geslaap het en gaan om vir Astro te druk dan druk jy net lug :)!

Jy is alweer ‘n tantrum gooier – of ‘n gil gooier – jy skree wanneer jy huil en dit klink of ons jou vermoor. Ek dink jy het die terrible twos iewers gehoor en dit regtig ongelooflik letterlik opgevat.

Ons is so iief vir ons klein wille monkey mens. Jy praat met die tv 🙂 En se “aaah” en so aan.

En als is “cute”!

Love u so baie my klein voet, magie, pensie monkey mens met haar oulike wille blonde son-gesoende hare.