Ons het nog net vir 25 dae ‘n babatjie!!

Skyler-Phoenix

snake whisperer

Jy word 2 oor 25 dae. Dis crazy en great en scary en sad en exciting. Kan nie glo ek en jou pa het jou deur 24 maande gekry nie en dat jy die wonderlikste oulikste beste klein mensie ooit is. Jy is so amazing dit voel nogsteeds partykeer unreal.

Jy is my klein mini-mens – gaan orals waar ek gaan, wil alles doen wat ek doen, wil als proe wat ek eet, wil he ek moet saam jou speel, in die tent saam jou sit en wegkruip vir dinos en wil heeltyd jou woef movie kyk.

Jy praat nouso baie in jou oulike baba taal en regte woorde.

Jy is so cute en jy potty train nou actually by die huis ook.

In die bad, vra jy vir seep op jou hand en dan smeer jy jou maagie en skree heeltyd.

Ek wens ek kan net elke sekonde van jou opbottel en dit oor en oor leef.

Love u vir altyd en ewig Skyler Phoenix

Leave a comment