Skyler-Phoenix – amper 18 maande!!!

Ek kan nie eers dit beskryf en hoe dit gebeur het nie, maar jy is nie meer ons klein babietjie nie. Jy is ‘n toddler en ‘n klein dogtertjie feetjie mensei wat saggies orals rondhardloop en alles bekyk en oor alles praat in chinese en cutex bottels teen die ruite slaan.

Jy lag uit jou maag uit en jy het regtig ‘n humeurtjie aan jou maar dit maak jou jy en jy is net te perfek om waar te wees.

Jy bring die heeltyd skoene vir my om vir jou aan te trek en jy prbeer self maar het nog glad nie ‘n idee hoe nie 🙂

Jy het gister vir die eerste keer gese “een” maar dit was meer soos eeeeeh en jy was so trots.

Ek het gisteraand gele en luister hoe jy in jou slaap lag en dit is so ongelooflik kosbaar.

Goed wat jy doen:

  1. Jy voer ons (het my nou die dag vir omtrent ‘n half uur peanuts en rosyntjies gevoer wat jy op die bank uitgegooi het).
  2. Jy na-aap ons – met woorde (so klein beitjie) en wat ons doen – jy smeer lip ice aan en kam jou hare wanneer ek my hare in die oggende doen
  3. Jy se ummm hmmm vir alles – wat beteken nee even as jy eintlik iets wil doen- kan nie uitfigure of jy dink dit beteken nee en ja en of jy dit net se om te wys jy is in beheer nie 🙂
  4. Jy het nou agtergekom as jy seerkry en het saterdag aand vir ongelooflik lank na die seertjies op jou voet gestaar en vir ons gewys – so cuuuuuuuute!
  5. Jy haat jou kar stoeltjie en skree blou moord as ons jou wil instrap
  6. Jy gryp altyd teddies in winkels en as hulle te duur is (soos die R250 een wat jylaas week in Makro gegryp het) moet ons jou aandag aftrek en dit terugsit.
  7. Jy loop rond en praat met jouself
  8. Jy slaan als watjy kan teen die venster
  9. Jy het gegaan van om die honde aan te rand en te torture na om te maak of jy hulle wil aanrand en hulle dan te soen 🙂
  10. Jy he alklaar ‘n ongelooflike sin vir humor en lag even as ons met jou raas – dink jy gaan erg resillient wees

Nog goed wat jy kan se nou:

teddie

poef

bal

een

 

As ek jou in die middae by die kleuterskool kom haal hardloopjy weg en giggle en dan moet ek jou vang. En as ek by jou kom staan jy onderstebo op jou kop. Lol.

Ek weet nie hoe dit gebeur het nie maar jy loop enhardloop en klim soos ‘n champ. Jy het eers begin loop en rondgeval net minder as ‘n maand na jou eerste verjaarsdag en jou kop teen alles gestamp en toe eendag sien ek en jou pa jou hardloop en ons altwee is soos “van waneer af kan sy hardloop” en nou is dit asof jy dit nog altyd doen.

Ek en jy het gister middag koekies gebak en jy het net gesit en kyk en gespeel met bakkies en rosyntjies en so nou en dan ‘n rosyn in die mengsels ingegooi. Toe jy sien ek sit die goed in die oond toe raak jy kwaad want jy wil dit eet en toe chill jy en gaan skep water uit die hnd se bak uit en gooi dit uite rond 🙂

Jy is so flippen oulik en jy is net my mensie en ons spandeer so lekker tyd saam. Ek is mal oor jou my Skyler-Phoenix. Jy is die beste geskenk ooit.