Jou eerste keer by Klein Kariba

Die vorige keer wat on shier was het ek eers vir drie dae geweet ek is al amper 6 weke swanger. Ek was ongelooflik bang en nou dat ek weer op dieselfde pad stap en swem en myself onthou is ek so amazed met wat ek op daai oomblik besig was om te maak.

Jy is so ongelooflik cute en cheeky! Jy het ‘n willetjie van jou eie. Jy is in jou element as jy kan loop waar jy wil en explore.

Jy is nogsteeds jou ouma se kind en weier om na my of jou pa toe te kom as sy naby is. Jy is so ‘n klein actortjie en maak jou oe toe en ruk jou kop stadig van kant tot kant en trek jou mond op ‘n lyn as jy nie wil eet nie.

Jy laat ons almal so baie lag. Jy het so ‘n houding en skree verskrikilik – partykeer dink ons jy is satans spawn en  dan twee minute later wil ons jou opvreet want jy is so klein engeltjie.

Jy het vandag my met koekies gegooi, jou nefie geklap omdat jy my nie kon klap nie, my prober byt (dis jou nuwe ding) en jou ouma met ‘n bak pap gegooi….maar jy bly so cute, en klein en ongelooflk.

Jy raak al hoe slimmer en othou nou waar goed is…soos die chocolate koekies en jy kry jou slatande en baie van jou aterste tande is al uit.

Ek was twee weke terug so erg geskok toe jy buite speel en in die huis ingeloop kom sonder jou bootsies en ek se vir jou ‘gaan haal jou skoene’ en jy draai om en gaan haal jou skoene en bring dit vir my!!! Dit was ongelooflik en jy weet nou al hoe meer wat ons se.

Jy wil net orals explore en hardllop net vooruit en gaan aan. Jy is soos ‘n klein dwergie prinses….

Jy kan al se:

Mamma

Papa

Baba

Tata

Hello (klink soos hawo)

Ta (gee)

Kla (klink soos kaa)

Oh oh (klink soos uh hu)

 

Jy wil alles doen wat Liam doen en julle baklei baie oor alles (toys, chips ens). Hy freak uit as jou mond vuil is en wil nie he jy moet naby hom kom nie (dink hy het bietjie OCD).

Jy maak hom mal as jy so skree, hy knyp sy oe toe en het vanmiddag na jy dit gedoen het gese: hy Baie stout!:)

Julle twee is so oulik saam en eerlikwaar ‘n hele paar hande vol.

Julle is die oulikste goed ooit en die uitputtendste goed ooit en ek wens nogsteeds ek kon tyd freeze. Jy raak so vining groot jou klein dwergie mensie en dis sary dat ons nie meer ons klein pokkelop gaan he een van die dae nie. Ek is so opgewonder om te sien wie jy word en so bang om hierdie tyd te verloor. As mens net kon terug gaan…

By die skool is almal mal oor jou. Jy blaas vir jou juffrou soentjies en jy en Edwin (haar kind) is goeie maatjies. Hy groet jou elke oggend en prober jou heeltyd druk en as jou doek geruil word wag hy by jou tot jy klaar is en roep heeltyd jou naam (aaaaaah….)

Jy gaan in die groter klas se konsert wees want die baba klas het nie die jaar een nie!! So excited vir dit want jy dans alklaar as mens musiek aansit. Kan jou net imagine met daai glimlaggie en klein armpies wat rondbeweeg terwyl jy vir almal kyk.

So lief vir jou my babelap