Skylie – 15 maande

As ek se jy is moeilik, oulik en nogsteeds te goed om waar te wees het jy nie ‘n idee nie. Jy is ‘n klein kabouter Eminem rapper mensie wat orals rondloop.

Jy lag as ons jokes maak even al het jy nie ‘n idee wat ons se nie.Jy wil jouself voer. Jy maak ons seer om te kyk wat ons reaksies is, jy klou soos ‘n apie aan ons ,jy wil heeltyd in die arms wees en jy het ewe skielik van gister af jou baba taal verander – asof jy meer prober regte taal praat.

Ons was ‘n week terug by die see en dit was ongelooflik. Jy laat ons so baie lag. Jy en Astro baklei die heeltyd oor die hondjies se leashes en jy LOVE die see water en al die puddles en loop net op jou eie aan iewers heen sonder om terug te kyk – gaan net vorentoe en aan sonder ophou met jou eie missie in mind – jy is jou eie mensie.

Jy is nog so lomp en het gister oggend vir jou pa gesmile terwyl jy staan en lag en toe oor jou eie voete geval. Jy is so funny.

Jy spuit jouself in lol – vat my inspuiting, trek die doppie af en druk teen jou hart en jy het my xxx sweeties ontdek en wil nou permanent in my handsak grou.

Jy is ‘n in-die-arms kind en ek moet in die oggend vir werk egmaak met jou in my arms en in die middae jou sak pak, kos maak en die hondjies voer ook met jou in my arms,

Jy noem my, jou pa, jou ouma en jouself mamma – ons het jou behoorlik confuse.

Jy se ta vir alles en beloon ons met ‘n ongelooflike bree smile as ons vir jou gee wat jy wil he.

Jy wil uit glase uitdrink en bottels en wil jouself voer – jy doen dit nogals goed-  en gaan mal as ons jou nie toelaat nie.

Jy is so ‘n groot blessing in ons lewe. Almal se net hoe mooi en oulik jy is en ek wens so erg ek kon tyd van gen jou oor en oor beleef.

Dis nou 7h19 op Sondag aand en jy het nou net gesit en tv kyk op die bank langs my en jou pa en nou le jy!!! Jy kyk nooit tv nie! Jy word al hoe meer ‘n klein mensie!!

So lief vir jou