Want jy is so klein…

Skyler Phoenix

Jy is so cute….

Jy le nou in jou kot en slaap en ek en jou pa is in die bed en ‘n half uur terug het jy hier tussen ons gesit met jou beentjies uigestrek en ‘n broodjie gekou (wat jy ellke nou en dan vir Oreo gee om te lek) – ek kan nie eers in woorde sit hoe cute dit was nie want dis net onmoontlik – net hoe jy hier gesit het en een van ons is…

Jy is net so ongelooflik. So smiley (Smiley Skyley) en jy is net so ongelooflik sag en glad en dis so lekker om jou op jou sagte gladde vet wangetjies te soen.

Jy het vanaand saam jou pa gabd en dan vra hy vir jou (waar is papa?) en dan wys ky na die honde toe en dan wys hy na homself toe om vir jou te wys en dan as hy jou weer vra “waar is pappa” toe wys jy drie keer na jou bors toe!! Jy is soooooooo cute!!!

Jy maak ons so baie lag. Jy het ‘n favorite liedjie (“my way” van die little lion of so iets) en het nou die dag saam met die tv probeer sing. Dit was so oulik en so eg.

Jy loop die hele wereld vol en gryp elke nou en dan een van die honde en probeer hulle cuddle.

Ek wens ek kon tyd vries…

Ons is ongelooflik lief vir jou.