baba wat nie wil slaap nie

Skyler Phoenix

Jy is so oulik en klein en so vocal deesdae. Jy kry 4 van jou boonste tande en wil alles vat wat ek en jou pa en die honde mee besig is.

Jy weier van gister af om by die kleuterskool te slaap en jy entertain blykbaar vir Ethan wat 4 maande jonger is as jy want hy wil ook nie slaap nie.

Jy het in jou kar stoeltjie van die skool af uitgepaas en toe ek jou uithaal by die huis toe le jy pens oor my arm en kop wat hang en bly snork.

Jy le nou in jou kot en luister na klassieke musiek.

Jy is die cuteste dingetjie ooit.

Ongwlooflik baie lief vir jou en jou klein vingertjies wat net enige knoppies wil druk 🙂

IMG_20160314_191451.jpg